Daar is plek vir ‘n totaal van 612 kampers (maksimum 6 per kampplek).

 

102 kamp staanplekke is beskikbaar - ongeveer 10 x 10 m.

 

Maksimum van ses (6) persone per kampplek.

 

Slegs een (1) voertuig per kampplek sal toegelaat word.

 

Kampeerders moet arriveer Vrydag (12.00 – 20.00) en Maandag oggend vertrek (08.00 - 12.00).

 

Klein Tiet kampplek:          11 beskikbaar

Tieties Nook kampplek:     43 beskikbaar

Agter Tiet kampplek:          8 beskikbaar

Plat Tiet kampplek:            40 beskikbaar    

 

Kampeerkostes sluit daaglikse toegangskaartjies per persoon uit.

 

Voltooi die aansoekvorm hieronder en kliek op die Koop Kaartjie-knoppie bo wat jou na Kaartjie verkope se Howler webtuiste sal vat.

‘n Maksimum aantal kaartjies van 5,000 sal beskikbaar wees vir Saterdag en ook vir Sondag en dit sluit kampers in wat alreeds Vrydag gaan arriveer.  Dit sluit kinders ook in tussen die ouderdomme van 02 – 12 en 13 – 18.

Kostes van ingangskaartjies aanlyn

Kampeerplek kostes is uitgesluit.

 

Kinders 02 – 18 jaar:     R 150 per kind per dag

Volwassenes:                 R 250 per persoon per dag

Pensioenaris (bo 65):     R 100 per persoon per dag

Noodsaaklikhede as jy kamp

Jou toegangskaartjie en identifikasie (SA ID boek, bestuurderslisensie of paspoort)

5 liter water per persoon per dag ✔ Tent/Karavaan - Beddegoed ✔ Warm en koel klere ✔ Swartsakke ✔ Brandblusser ✔ Volledige noodhulpkissie ✔ Enige voorskrifmedikasie ✔ (Let wel:  mediese dienste verskaf nie pynpille, antibiotika, oogdruppels of hoesmedikasie nie) ✔ Voldoende lig vir jou kampplek ✔ Koplamp en/of flits ✔ Geen fietse word toegelaat nie. ✔ Kleefband (duct tape) en kabelbinders (cable ties) ✔ want dié goed hou die heelal bymekaar ✔ Bring jy hout saam?  Bring dan ook ‘n vuurdrom of ‘n braai  ✔  kampvure op die grond word NIE toegelaat nie. ✔ GEEN TROETELDIERE NIE.  Dit is nie moontlik om enige troeteldiere saam te bring nie.  Die enigste uitsondering is gidshonde vir blinde persone.

MOENIE SAAMBRING NIE  -  DIT GAAN GESKUT WORD

Kreef "West Coast Rock Lobster"

Galjoen

Fakkels (flares)

Vuurwerke

Vuurwapen/s

Vuurlantern

Tradisionele wapens

Jy weet nooit wanneer ʼn windstorm kom nie, en as alles in jou kamp vasgemaak is, sal niks wegwaai nie.  Gebruik vullisdromme met deksels. ✔ Enige gat wat gegrawe word, moet agterna weer gevul word. ✔ Wanneer jy vertrek, pak versigtig en maak seker dat jou vullis en ander items nie loskom op pad huis toe en die paaie besoedel nie. ✔ Soek lekker groot voer of suikersakke en sit jou swartsakke daarin  ✔  hulle is sterk genoeg om die wind se weerstand te oorleef in die stormloop huis toe op die pad. ✔ Wanneer jy jou vrag klaar gepak het, maak dit met ‘bungee’-tou, ‘ratchet straps’ of gewone tou vas. ✔ Wat ookal jy gebruik, maak seker jou vrag kan onder geen omstandighede loskom nie. ✔ Om seker te maak dat dit in plek bly, trek elke nou en dan af en kyk en maak weer vas.

Krag-opwekkers:  Word nie toegelaat nie. 

AS JY 'N VUUR MAAK

Moet dit op ‘n verhewe platvorm wees, en minstens 10 m wind af van enige tent. ✔ Verwyder alle hout, blare, ens., om die vuur, sodat daar ‘n oop sirkel grond rondom is. ✔ Bou die vuur dat dit binnetoe sal val terwyl dit brand. ✔ Jou vuur moet verkieslik nie hoër as jou vuurdrom of braai brand wees nie. ✔ Moet nooit die vuur sonder toesig laat nie. ✔ Maak seker dat alle vure ten volle geblus is. - Hou 25 liter water (en/of ʼn brandblusser) byderhand om vure te blus. ✔ Oop vure op die grond word nie toegelaat nie. - Vuur in braaidromme word toegelaat. ✔ Geen konkas of braaivleisvure mag sonder toesig gelaat word nie. ✔ As dit sonder toesig gevind word, sal dit geblus word. ✔ As die wind optel, moet alle oop vure onmiddelik geblus word as ook vuurdromme indien hulle begin vonke spat. ✔ ‘n 7 m sone rondom enige vuur moet geen vlambare materiaal bevat nie, by voorbeeld (maar nie beperk tot) materiaal, papier, tente, plastiek, ens. ✔ Enige vloeibare brandstof moet ten minste 15m van enige oopvlam gestoor word. ✔ ‘n Voorraad van ten minste 25 liter water (en/of ‘n draagbare brandblusser) moet byderhand gehou word om ‘n brand te blus in geval van hoë winde of ander gevare. ✔ Vuurdromme moet gebou en veilig gemaak word op so ‘n manier dat die brand-oppervlak ten minste 15 cm van die grond af is om bak van die grond oppervlak te vermy. ✔ Onthou asseblief dat petrol ‘n gevaarlike brandstof is om mee vuur te maak. ✔ Plofbare dampe kan onmiddelik ontstaan terwyl dit aangewend word, en wanneer die vuur aangesteek word, kan dit flits en jou brand. ✔ As jy ‘n groot hoeveelheid brandstof of gas het (meer as 18 kg gas en meer as 20 liter brandstof), moet dit in die Brandstof Stoor geberg word. ✔ Jy sal nie enige amptelike voertuig steel, ‘leen’ of opkommandeer nie. ✔ Diefstal en beskadiging van enige voertuie sal nie Geduld word nie ✔ die Organiseerders behou die reg voor om enige iemand wat gevang word, uit te gooi.

Dankie dat julle Ons Fees gekies het om saam te kom kamp, ons verseker elk van 'n baie lekker tyd, en sien uit om almal te ontmoet.

ash-black-bucket-221436.jpg