Die Fees!

SONDER OPHOU MUSIEK VIR 3 DAE LANK

Hierdie Fees, uniek tot die Weskus, is die breinkind van 'n hele groep Weskus mense en 'n mengelmoes ander Suid Afrikaners wat beide plaaslik en van oorsee af hulle stemme laat hoor het en besluit het, die Weskus hoort haar eie Fees te hê, 'n Fees vir die Weskus, deur die Weskus saamgestel.  In kom 'n immergewilde Facebook groep genaamd: Weskus Jou Lekker Ding en het jare se oor en weer gebraaiery en besprekings rondom die Fees konsep ontstaan, en was daar in die aanloop tot hierdie Braai Fees Naweek, elke jaar 'n braai gehou deur hierdie immergewilde Facebook groep en het hulle, hulle droom om hulle eie Weskus Braai Fees Naweek te beplan en te hou, 'n werklikheid geword!

Vandag staan ons met trots by die kruispad waar dit nou gebeur.  Op Saterdag 27 November 2021 omstreeks 09:00am, skop die Fees af in sekerlik een van Suid Afrika se bekoorlikste en beeldskone streke, die Weskus, en om spesifiek te wees, Tietiesbaai Natuur Reservaat, Paternoster.

Die Fees program is 'belaai' met so baie vermaak, dat dit die fees gangers sprakeloos gaan laat. Vir 'n volledige Fees Program, volg asseblief hierdie skakel vir 'n PDF Formaat en voel vry om dit te druk en te bestudeer. -FeesProgram-

Ons kan net kortliks so paar trekpleisters hier lys om die smaakpapille wakker te maak:

  • Ongelooflike Afrikaanse Kunstenaars

  • Tonne vermaak vir die kleinspan (Kizzoo)

  • 'n Groot verskeidenheid stalletjies.

  • 'n Buitelug verhoog waar al die Kunstenaars sal optree.

  • 'n Vertoning deur die NSRI

  • 'n Vertoning deur die Suid Afrikaanse Lugmag, die 'Silver Valke', spesiaal gereel vir ons Fees, omdat ons hulle mense is.

  • En tonne meer vermaak in alle vorme, te veel om te noem.

Feetsteps for Festival#2.jpg

Laat Geen Spoor (LGS) & Kampreëls

Ons gemeenskap respekteer die omgewing.  Ons is vasbeslote om geen spoor van ons aktiwiteite te los waar ookal ons vergader nie.

 

Ons maak die terrein skoon en streef om waar dit moontlik is, ‘n plek in ‘n beter toestand te los as waarin ons dit gevind het.  Dit beteken jy sal die minimum vullis op die terrein sien, behalwe dié wat jy saamgebring het.  Wat jy saambring, sal jy weer saam met jou huistoe moet neem.  Onthou jy kamp in ‘n Natuurreservaat.  Dra ‘n sak saam met jou om jou water en rommel in te bêre sodat jy dit by jou kampplek kan plaas by jou ander rommel wat jy moet huis toe neem.

 

Geen glas sal toegelaat word op die terrein nie behalwe by kampplekke.

Alles wat saam gebring word, is moontlike Goeters Uit Plek (GUP).  Sigaretstompies, gloeistafies, tentpenne, bottelproppies, as, stukkies hout, vuurhoutjies. GUP sluit ook natuurlike stowwe in.  Dit is nie okei om dit op die terrein te los nie.  Hooi, plantmateriaal, vrugte-skille, groente-skille, neute-doppe, gemaalde koffie, ensovoorts, is alles goed wat verwyder en teruggeneem moet word na waar dit vandaan kom.  Waatlemoene?  Slegte idee: die skil word ʼn etterige wetenskap eksperiment in jou kar op pad huis toe.  Nie die beste idee nie.

AS DIT NIE UIT JOU LIGGAAM UITKOM NIE, GAAN DIT NIE IN DIE TOILET IN NIE!

Tydelike toilette is by die permanente toilette geleë en het ligte op sodat jy dit in die nag kan vind.

Toilette vir gestremde persone sal ook beskikbaar wees.

Moenie wag tot jy desperaat is voor jy ʼn toilet opspoor nie.

“Boskak?” Nie lekker nie.

Sanitere doekies: Kyk uit vir die toilette met die rooi driehoek vlaggies.  Hulle het sanitere doekie emmers.  Moet asseblief nie enige iets anders as menslike afval  -  en die enkellaagtoiletpapier wat voorsien word - in die toilette plaas NIE.

Voertuig deursoeking

 

Jou voertuig sal by die ingang van die parkeerarea deursoek word..  As jy opdaag met iemand in jou kar wat nie ‘n toegangskaartjie het nie, is dit jou verantwoordelikheid om daardie persoon terug huis toe te Vervoer  -  maak seker almal in jou kar het ‘n geldige toegangskaartjie.  Dit sluit in enige iemand wat jy langs die pad optel en vervoer na die geleentheid aanbied.

 

Weer en klimaat

Kliek hier vir die dag se weer in Paternoster.

Skryf jou ID nommer aan die onderkant van jou armband; dan kan ons in ‘n noodgeval uitvind wie jy is.

Dra altyd water saam met jou.  Drink gereeld water, veral as jy alkohol ook drink.  Water sal te koop wees.

Die DOKTER SEG

Wees verantwoordelik vir jouself en jou mediese toestand/e.  Dink asseblief aan medikasie wat jy moet saambring.  Daar is mediese personeel op die terrein maar hulle is slegs daar vir noodgevalle en mag dalk pasiënte wegwys as dit nie ‘n noodgeval is nie.

Onthou om genoeg voorraad van jou voorskrif-medikasie te bring.  In geval van ernstige noodgevalle, kan die medici die pasiënt per ambulans vervoer.

Bring ‘n noodhulp kissie en sit ekstra pleisters en oogdruppels (vir die stof) daarin.

Weskus Jou Lekker Ding (EDMS) Bpk sal nie die koste verbonde aan enige mediese ontruiming dra nie.

Die volgende en soortgelyke beserings sal gestabiliseer word en na die naaste hospitaal verwys word. Pasiënte sal hul eie Vervoer moet voorsien. Ons beveel aan dat daar ‘n aangewese bestuurder in jou kamp of vriendekring is vir sulke noodgevalle.

Matige beenbreuke - Gestabiliseerde sagte weefselbeserings - Gebreekte tande - Alle nie-lewensgevaarlike en gestabiliseerde beserings - Blaasinfeksie (UTI)

 

Ernstige beserings (in die lys hieronder) sal volgens die diskresie van die hoof mediese beampte, per ambulans (indien nodig) na die naaste mediese sentrum Vervoer word:

 

Pasiënte wat bygebring is - Ernstige beenbreke insluitend langbene, bekken, en skedel - Ernstige asmatiese toestande - Ernstige harsingskudding - Ernstige snywonde, brandwonde en sagte-weefselbeserings

Daar is geen landingsgeriewe vir enige vliegtuig van enige aard by Tietiesbaai nie, nie eens vir ‘n UFO nie.

Geregterlike goeters

 

Jy aanvaar vrywilliglik die risiko van ernstige besering, skade aan eiendom of jou dood, deur die byeenkoms by te woon, en vrywaar Weskus Jou Lekker Ding (EDMS) Bpk van enige eis wat mag voorspruit uit die risiko.

 

Jy stem in om die reëls soos saamgevat, te lees en na te kom, en om alle landswette te eerbiedig.  Hierdie is ʼn LAAT GEEN SPOOR byeenkoms, waar alles wat na die terrein gebring word, deur hul eienaars verwyder MOET word. Van jou word verwag om alle eiendom wat deur jou gebring word, of jy sulke eiendom besit of nie, te verseker. Die Parkeer Personeel is geregtig daarop om alle voertuie, insluitend trokke, sleepwaens, karavane en RV’s wat die terrein binnekom, te deursoek. Geen vliegtuie (hetsy vliegtuig, warmlugballon, of ontspannings/professionele UAV/hommeltuie) word toegelaat om by die fees te vlieg nie tensy dit eers by WJLD geregistreer is. Kaartjies is nie-verhaalbaar, selfs as die byeenkoms afgestel word as gevolg van slegte weer, natuurrampe, regeringsmaatreëls of enige ander redes buite Weskus Jou Lekker Ding (EDMS) Bpk se beheer nie.  Jou kaartjie is ‘n omkeerbare lisensie wat vir enige rede deur Weskus Jou Lekker Ding (EDMS) Bpk teruggetrek kan word.

PARKERING & PENDEL-VOERTUIE / SHUTTLES

Die Fees terrein sal voorsiening maak vir genoegsame parkering.  "Pendel-Voertuie / Shuttles" van en na die Fees Terrein is beskikbaar en bus vervoer van Kaapstad na die Fees sal ook gereel word.  Vir 'n volledige opgedateerde lys van alle 'shuttles' beplan vir die Fees, besoek asb dievolgende skakel, en bespreek U plek vroegtydig.

*Shuttle-Program*

KRY DIE KAART

Volg gerus die skakels hieronder om ondermeer of na die 'live location' te gaan of druk die padkaart vir U rekords.

AKTIWITEITE BY DIE FEES - PDF FORMAAT

Vind onder ons amptelike Fees Program in "PDF Formaat".

HOU ONS TIETIESBAAI GROEN EN SKOON
Ons is 'n Trotse Volk / Nasie en ons omgewing is ons kinners se behoud. Asseblief werk saam die organisserders vir Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees om ons Fees Terrein skoon te hou, verseker U kom met die doelset om U omgewing skoon te hou deur U deel te doen om, om te gee vir ons omgewing

FEES VRAE

GENIET 'N ONTSPANNE FEES-NAWEEK WANNEER JY DIE "IN'S & OUT'S" VERSTAAN EN VOORBEREID IS....