Langebaan Kitesurfing West Coast
  • Facebook
  • Twitter
  • Instagram
  • YouTube
  • LinkedIn
  • Pinterest
  • Sound Cloud
  • Tumbrl
  • Vimeo
Vra Ons Enigeiets

Sukses! Boodskap ontvang, dankie.

Ons Amptelike Fees Liedtjie..... Soos gesing deur Magdel Spanellis Sanger, en geskryf deur Derick Lennox

SO WAT KAN JY VERWAG VAN JOU WESKUS JOU LEKKER DING BRAAI FEES?

Die Weskus is ons taal & Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees ons Afrikaanse Braai Fees der Feeste! Ons het perlemoen en ons het vet galjoen, groot rooi krewe en ons het 'n lekker lewe. Dit is, hoe dit is, inni Weskus.

Met 'n 'huppel in ons trippel', is ons trots Afrikaans. Weskus Jou Lekker Ding Fees, is joune, myne, almal sin saam! Ons beoog om die GROOTSTE Afrikaanse Musiek Braai Fees Skouspel te wees wat gehou gaan word, wat die Weskaap & Weskus Streek nog die voorreg gehad het om aan te bied, en die Fees sal plaasvind elke jaar.

Ons Fees word gehou in sekerlik een van Suid Afrika se pragtigste, ongerepte, asemrowende Natuur Skoonhede, naamlik Die Weskus van Suid Afrika. Ons Fees beloof om vermaak te bied vir almal, 'all walks of life', en dit wat die Fees die normale man op die straat gaan bied, is ongelooflik.

Ons Fees sluit verder ongelooflike vermaak in vir kinders onder 16, met 'n toegewyde speel terrein en dagsorg fasiliteit, vir ouers om met 'n geruste gemoed en hart hulle kinders toe te laat om al die pret te geniet, sonder hulle toesighouding. Ons 'Info Kiosk' sal voorsiening maak vir alle inligting rakende die Fees, en ons stalletjies beloof om iets spesiaals in elk uit te bring, en sal net die beste en mees oorspronklike temas goedgekeur word vir jou vermaak, maar wees verseker, by ons Fees, sal u van 'n naald tot 'n Spreekwoordelike Olifant kan koop.

Verder is ons Fees ingerig om tonne 'van die verhoog' vermaak aan te bied, verskeie See-en-Strand aktiwiteite, soos beplande vertonings deur die NSRI rondom lewensredding, potjiekos kompetisie, Snoekbraai en Patat kompetisie, "Skaap Spitbraai kompetisie" alles oorsien deur die beoordeelaars..... Ons sal ook verskeie TV kanaal dekkings geniet, en beoog om TV programme / kanale soos Pasella, Fiesta van KykNet, en vele meer, uit te nooi na ons Fees, met ons Media vennoot wat regstreeks sal uitsaai van die Feesterrein, en laaste maar nie die minste nie, sal ons 'n verhoog vol immer gewilde Afrikaanse kunstenaars opdis, wat al ons Fees gangers sal vermaak, tot die son op die horison en die see gaan lê, en weer opkom die volgende more, dit alles aangebied deur ons immer gewilde 'Master's of the Ceremony' 2-man span.

Ons wens elke Fees ganger toe om saam met ons, 'n naweek van algehele Pret en Plesier te kom deel, en ons as die Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees Kommitee, gaan ieder en elke Fees ganger se wind uit hulle seile UIT haal, dit is ons belofte aan julle WESKUS, en ook ons Weskaap, Boland, Karoo, Namaqualand, Suidwes, en al die ander oorblywende Provinsies van SA se broers en susters! Kom geniet 'n 'Kaleidoskoop' van Kultuur, Kleure & Geure, en Afrikaanse Musiek saam met ons en wees net Mens, wees net WESKUS! ✔ Aweh Ma Se Kinners! ✔ WESKUS JOU LEKKER DING BRAAI FEES! ✔✔

Weskus Bruin Volk wat dans.jpg

BEVESTIGDE  KUNSTENAARS TOT DUSVER!!!

PJ Cruz

Wouter

Wynand

& Cheree

JP Dix

Rea......

Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels

Meester van die Seremonie

CAREL 'RAASBEKKIE' BEZUIDENHOUD

Wat het jou oortuig om ‘n kommentator te word? Ek was destyds nog besig om aan wedrenne deel te neem, en het die mikrofoon net eenvoudig opgetel by 'n gebeurtenis dit het soos klokwerk geloop, alles het net van nature gekom. Die afgelope vier jaar het net eenvoudig “ge-snowball”; Ek is amper elke naweek dwarsoor die land besig. Natuurlik in 2020 was die prentjie heelwat anders, en met die gebeure in 2020 was daar geen werklike geleenthede in die vermaaklikheids bedryf nie, maar steeds staan ons almal sterk en lyk 2021 na 'n voorwaar besige jaar wat voorlê vir ons in die vermaaklikheids bedryf.

Gebruik een sin om jouself te beskryf. Energetiese, geestige, lewendige, kleurvolle, klassieke grappige, ysbreker en 'n “crowd pleaser”. Wat is die mees onvergeetlikste gebeurtenis waaroor jy kommentaar gelewer het en hoekom? Jou gunsteling geleentheid?

 

Ek kan nie sê dat daar een gebeurtenis / event is wat uitstaan ​​nie (daar is nogal 'n paar gunstelinge), maar ek hou regtig daarvan om te MC in plattelandse, klein dorpies, nuwe plekke te sien - die mense maak jou altyd spesiaal voel, hulle waardeer die klein dingetjies.

 

Jy was al by baie geleenthede, waste raad sal jy ons Fees organiseerders gee? Doen die basiese beginsels 100% reg en die res val in plek, en hê altyd ‘n goeie MC – hy / sy maak of breek 'n gebeurtenis! My langtermyn doelwit is om 'n paar oorsese gebeurtenisse te hê, ek wil die skare 'n bietjie van my  Raasbekkie RSA smaak leer... Enige advies vir jong aspirant MC's of kommentators?

 

Ons het almal ons eie unieke styl van 'MC-ing', en ek dink jy moet jou styl vind wat pas by jou persoonlikheid. Maak seker dat dit 'n passie bly - Ons kan nie almal gelukkig hou nie, ons is nie 'n bottel rooiwyn nie!  🤣😎🎪

Ons  #Fees  se 'Kreed' 

Kobus, jy moet minder drink, maar gelukkig is ons naam nie Kobus nie!

Langebaan Lagoon 'Weskus Sonsondergang'

West Coast - Weskus Sunset - Sonsonderga

GPS Koordinate & 'Google Maps' Padkaart

Cape Columbine Natuur Reservaat, Tietiesbaai, Weskus Skiereiland, Suid Afrika
Latitude: -32.821226 | Longitude: 17.872054

https://goo.gl/maps/DLbxtVcnGa62